Virtuele Kleuterprogram

Geheelkind-Ontwikkelingsprogram

Die geheelkind-ontwikkelingsprogram is daarop gemik om al die ontwikkelingsareas van u kind te stimuleer deur middel van die medium van spel. Hierdie areas sluit  onder andere kognitiewe-, sosiale-, emosionele-, taal- en liggaamlike ontwikkeling in. Deur hierdie benadering te volg, kan al dié areas tuis aandag geniet. Met ons Virtuele Kleuterprogram word ouers begelei hoe om hierdie tipe ontwikkeling te fasiliteer en waarop om te fokus gedurende daaglikse spel.

Leer Deur Spel

Kinders wil van nature speel! Volgens navorsing, vind die mees effektiewe leer plaas wanneer  kinders eksperimenteer en hul kreatiewe denkvermoëns inspan terwyl hul spelenderwys hul leefwêreld ontdek en beleef.  Die Little Camelot Virtuele Kleuterprogram is vanuit hierdie uitgangspunt as  grondslag saamgestel. Ons poog om  kinders se skermtyd tot ‘n minimum  te beperk en hulle eerder aan te moedig om met hul omgewing te verbind. Sodoende leer hulle om te verken, te ontdek, te dink, te waag, veerkrag op te bou en nog soveel meer.

Weeklikse Aktiwiteitsprogram

Julle ontvang 'n weeklikse aktiwiteitsprogram wat maklik is om te fasiliteer en wat u kind op enige tydstip  gedurende die dag kan voltooi. Die aktiwiteitsprogram bestaan ​​uit vier daaglikse aktiwiteite wat verskillende areas van u kind sal ontwikkel, dus 20 aktiwiteite per maand. Hierdie aktiwiteite maak gebruik van items wat maklik in die huis beskikbaar is, asook van materiaal wat aan die begin van die maand aan u gestuur word (bv. blinkertjies, pypskoonmakers, ens). En die beste deel. . . GEEN DRUKWERK! Die aktiwiteitsprogram is  eerder geskoei op kern- ontwikkelingsvaardighede wat ware pret - en partykeer morsige spel! - insluit. 

U sal ‘n gebruikersvriendelike opsomming van die maandelikse aktiwiteite ontvang, wat die benodigde materiaal, asook hoe om elke daaglikse aktiwiteit te fasiliteer, aandui.

Materiaal Gestuur aan U

Een keer per maand sal u die materiaal ontvang wat u benodig om die aktiwiteite wat in die program uiteengesit is, te voltooi. Hierdie materiale sluit die ditjies en datjies in  wat kreatiewe denke stimuleer, sensoriese prosessering ontwikkel en spel-gebaseerde leer aanmoedig, bv.  watte, papierborde, kreukelpapier, gekleurde karton, toiletrolle ens.

Gebruik van  ons Speelgoedbiblioteek (slegs Pretoria)

U kan twee keer per maand van ons uitgebreide speelgoedbiblioteek gebruik maak. Slegs Pretoria-leerders  sal toegang tot die biblioteek hê.  Ons biblioteek sluit legkaarte, boeke, perseptuele speletjies, groepspeletjies, konstruksiespeletjies, fantasiespel en nog meer in. Al die items word in kwarantyn geplaas, ontsmet en goedgekeur voordat hulle weer terug op die rakke beland. Verryk u kind se speel-en-leer-ervaring met hierdie items.  U kan die items kom optel by ons skool wanneer u u keuse gemaak het.

Weeklikse Ontwikkelingsinligting

Ouers is gewoonlik dankbaar vir praktiese raad en goeie riglyne as dit by die ontwikkeling van hul kinders kom. Ons program bied weeklikse tutoriale aan om u te help om hierdie wonderlike oomblikke met u kind te navigeer.  Dit word aangebied deur ‘n arbeids- en spraak terapeut.  Probeer dus een keer ‘n week iewers ‘n tydjie af te knyp vir ‘n ouer/versorger-fokussessie waar ons u begelei in waarna om op te let, asook watter areas om op te fokus tydens u kind se ontwikkeling. Hierdie inhoud is slegs beskikbaar in Engels.  

Ondersteuning op Aanvraag

Sukkel u om die inhoud te bestuur of het u ‘n programverwante vraag? Benodig u raad oor hoe om u kind verder te stimuleer? Kontak ons ​​hulpvaardige personeel vir ondersteuning. Deur 'n verhouding met u gesin te bou, kan ons u bystaan ​​terwyl u weer op u beurt u kind ondersteun deur die dag.

20 Weeklikse Aktiwiteite

Weeklikse Ontwikkelings Inligting

Ons Terapeute

Speelgoedbiblioteek

Contact Us &
Let's Get Started

Learning can happen at home! We can help you get the ball rolling. 

 071 608 6063             littlecamelot@educatingthenation.com

© 2020 by Little Camelot Nursery School